| seespieël [boodskap #148949] |
So., 03 Augustus 2025 10:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24305 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seespieël
Afbreking: see•spie•ël
Samestelling: see + spieël
Selfstandige naamwoord: seespieël
Meervoud: seespieëls
Betekenis:
• Die hoogte van die oppervlak van die see (of die gemiddelde hoogte oor 'n tydperk).
Gebruik:
• Johannesburg lê sowat 1 753 meter bo seespieël.
• Aardverwarming veroorsaak dat die ys op die pole smelt en die seespieël styg.
Sinoniem:
• seevlak
Vertaling:
Engels: sea level
Nederlands: zeespiegel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|