Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is die plakkers?
Wie is die plakkers? [boodskap #14827] Sa, 16 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

> Die algemene gevoel is dat ons regering nie die vermoeë of politieke wil het
> om die geweldadigheid en barbarisme aan bande te lê nie. Nie net onder
> blankes nie. Daar is gevalle bekend waar swart gemeenskappe self skuldiges
> aan die pen laat ry het.
>
> Jy is natuurlik geregtig op jou interpretasie van Umgundgundlovu, Bloukrans
> ens. As jy 'n derde Vryheidstryd veg, moet ek aanvaar jy het simpatie gehad
> met die vorige 2, want daarsonder kan jy nie by nommer 3 uitkom nie.
> Verduidelik net vir my hoe kom ons by enige van die 3 uit sonder Bloedrivier
> en Vegkop?

> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA

Henri, ek is amper seker dat jy in
jou hart en siel weet dat Afrikaners
nie weer terug in die geskiedenis
moet gaan en van Bloedrivier en
Vegkop praat nie. Dis rasse-sondesoek.
Die geweld in die land het sosiologiese
en ekonomiese oorsake, en mens kan
alleen hoop dat dit stadigaan sal
bedaar, soos nuwe strukture en nuwe
gesindhede ontwikkel. Onthou net,
wanneer wit boere aangeval word deur
plakkers en hulle wil verdedig, dat
daardie wit boere se voorvaders hulself
kom plak het op die grond van die
San en die Khoi en die Nguni-stamme.
So wie kan vir wie beskuldig dat hy
'n plakker is?

Gloudina
Re: Wie is die plakkers? [boodskap #14828 is 'n antwoord op boodskap #14827] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Henri, ek is amper seker dat jy in
> jou hart en siel weet dat Afrikaners
> nie weer terug in die geskiedenis
> moet gaan en van Bloedrivier en
> Vegkop praat nie. Dis rasse-sondesoek.
> Die geweld in die land het sosiologiese
> en ekonomiese oorsake, en mens kan
> alleen hoop dat dit stadigaan sal
> bedaar, soos nuwe strukture en nuwe
> gesindhede ontwikkel. Onthou net,
> wanneer wit boere aangeval word deur
> plakkers en hulle wil verdedig, dat
> daardie wit boere se voorvaders hulself
> kom plak het op die grond van die
> San en die Khoi en die Nguni-stamme.
> So wie kan vir wie beskuldig dat hy
> 'n plakker is?

Gloudina,

Of ek, of jy is nou erg deurmekaar. Wie het gepraat van plakkers? Is dit
plakkers wat al hierdie misdade pleeg? Gewis nie, net gister is drie
polisiemanne vasgetrek in 'n rooftog. Plakkers? My antie, man. Kriminele, en
in baie gevalle barbaars daarby.

Wil jy vir my sê ek en my nageslag moet ons vir ewig in hierdie land
definieer as 'plakkers'? Ek is die tiende geslag Burger wat in hierdie land
gebore is, en ek het weinig beheer daaroor gehad. Hoe ver moet ons teruggaan
in die geskiedenis om te besluit aan wie die land behoort - 1652, of nog
vroeër? Een ding het ek en Nelson Mandela in gemeen, en verskil ons van jou
oënskynlike siening - SA behoort aan al die mense wat in hom woon, en dit
sluit my in.

Waar ek wesenlik van jou verskil, Gloudina, is dat jy aanhoudend in die
verlede rondkrap en dit voor ons koppe gooi. Ons is hier in SA, nou. Ons vat
dit wat ons het, tesame met die goeie uit ons verlede en ons bou aan die
toekoms. Om dit te kan doen het ons onder andere goeie orde nodig. Goeie
orde behels ondere andere dat ek ekonomies aktief kan wees sonder 'n
geredelike kans om môre op straat doodgeskiet te word. Op die manier verskaf
ek werk aan andere, en plaas dit my in 'n posisie om belasting aan die staat
te betaal.

Van die staat verwag ek om eerstens 'n sosiale milieu in stand te hou wat
bg. moontlik maak. Tweedens moet die belasting wat ek betaal nie in die
sakke van amptenary beland nie. Op die oomblik gebeur nie een van die twee
nie.

Dit bring my by Bloedrivier en Vegkop. As jy dit in die letterlike sin
verstaan het, is dit jou probleem. Soos ek elders uitgewys het, praat ek van
'n situasie waar mense die reg in eie hande neem. Wat gebeur in die Kaap
tussen bendes en Pagad? Elke nou en dan is daar 'n oor en weer skietery. Die
oor en weer moordery in die Natalse Middellande? Bloukrans? Bloedrivier?

Nee, Gloudina, hierdie is nie 'n Afrikaner wat teruggryp na die verlede nie.
Dis een wat verwys na aksies en reaksies.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Wie is die plakkers? [boodskap #14864 is 'n antwoord op boodskap #14827] So, 17 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 16 May 1998 17:19:05 GMT, wrote:

> Henri, ek is amper seker dat jy in
> jou hart en siel weet dat Afrikaners
> nie weer terug in die geskiedenis
> moet gaan en van Bloedrivier en
> Vegkop praat nie. Dis rasse-sondesoek.

...sê sy met die rasse-sondesoek pen wat agter die een oor uitsteek
..

> Die geweld in die land het sosiologiese
> en ekonomiese oorsake, en mens kan
> alleen hoop dat dit stadigaan sal
> bedaar, soos nuwe strukture en nuwe
> gesindhede ontwikkel. Onthou net,
> wanneer wit boere aangeval word deur
> plakkers en hulle wil verdedig, dat
> daardie wit boere se voorvaders hulself
> kom plak het op die grond van die
> San en die Khoi en die Nguni-stamme.

Bulldust! Hulle het dit kom ontwikkel - heel anders as plak wat geen
ontwikkeling behels nie. Plak jy nou in Kanada? Op die grond van
"eerste nasies" of so iets? Sies skaam jou om so swak redenasie hier
uit te pluk en jou eie keel in die proses af te sny! Dink eers voor
jy in drif en waan die toetse slaan ....

> So wie kan vir wie beskuldig dat hy
> 'n plakker is?
>
Gaan kyk na voorheen-oop stukkies grond en veld in SA, Gloudina. Al
wat jy hier openbaar is die tyd wat jy al uit die land is. Gaan kyk
in Sa wat die woord plakker in hierdie konteks beteken soos wat hy
hier gebruik is. Haal jou kop uit die sand uit.
Re: Wie is die plakkers? [boodskap #14865 is 'n antwoord op boodskap #14827] So, 17 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

Een ding het ek en Nelson Mandela in gemeen, en verskil ons van jou
> oënskynlike siening - SA behoort aan al die mense wat in hom woon, en dit
> sluit my in.

En is dit nie wonderlik nie. Dit sluit
jou in. En Nelson Mandela. Vir hoeveel
jare was hy opgesluit en van sy vryheid
ontneem, net omdat hy gevra het dat nie-
wit mense in SA (tagtig persent van die
bevolking) sommige van die dinge kry
wat jy nou eis. En vir veertig jaar
moes drie-kwart van die land se bevolking
in die ergste ellende leef. Nou kla van
julle steen en been omdat alles nou nie
meer so maneskyn en rose is nie. Ek het
min simpatie met die klaers. Ek weet dat
groot getalle van die wat voorheen gely
het nou 'n beter lewe het. En dis genoeg
vir my sin van geregtigheid.


Om dit te kan doen het ons onder andere goeie orde nodig. Goeie
> orde behels ondere andere dat ek ekonomies aktief kan wees sonder 'n
> geredelike kans om môre op straat doodgeskiet te word.

En wat het jy vir jou swart medebroer gesê
toe hy tien jaar gelede dieselfde dinge wou
h^e? Watter reg het jy om dit nou te eis,
terwyl daar tien jaar gelede niks omgegee
is dat tagtig persent van die bevolking van
SA nie bostaande voorregte kon kry nie.
Watter reg het jy om nou te sê dat jy goeie
orde wil h^e, en dit wil hê en dat wil h^e.
Tien jaar gelede wou jou swart medebroers
dieselfde dinge h^e, en hulle is sommer
maklik doodgeskiet en van trappe afgegooi.
En ekonomies was hulle in drastiese toestande,
en moes hulle met laerangse fasiliteite
klaarkom. En dit het nie gehelp om te kla
nie. So, wit seun, ek dink nie jy kan dit
eis en dat eis nie. What goes around, comes
around.

gloudina

Op die manier verskaf
> ek werk aan andere, en plaas dit my in 'n posisie om belasting aan die staat
> te betaal.
>
> Van die staat verwag ek om eerstens 'n sosiale milieu in stand te hou wat
> bg. moontlik maak. Tweedens moet die belasting wat ek betaal nie in die
> sakke van amptenary beland nie. Op die oomblik gebeur nie een van die twee
> nie.
>
> Dit bring my by Bloedrivier en Vegkop. As jy dit in die letterlike sin
> verstaan het, is dit jou probleem. Soos ek elders uitgewys het, praat ek van
> 'n situasie waar mense die reg in eie hande neem. Wat gebeur in die Kaap
> tussen bendes en Pagad? Elke nou en dan is daar 'n oor en weer skietery. Die
> oor en weer moordery in die Natalse Middellande? Bloukrans? Bloedrivier?
>
> Nee, Gloudina, hierdie is nie 'n Afrikaner wat teruggryp na die verlede nie.
> Dis een wat verwys na aksies en reaksies.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
Re: Wie is die plakkers? [boodskap #14866 is 'n antwoord op boodskap #14827] So, 17 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek weet dat
> groot getalle van die wat voorheen gely
> het nou 'n beter lewe het. En dis genoeg
> vir my sin van geregtigheid.

Wel dis duidelik dat jy met min tevrede is wanneer dit jou pas, Gloudina. Ek
sal jou nie self antwoord op bg. nie, maar dit oorlaat aan Zelda Jongbloed,
'n joernalis (toevallig bruin) van Rapport. Sy skryf vandag:

" 'n Staat se belangrikste doel is om mense te beveilig. Hele gemeenskappe
loop gevaar om vervreem te raak as die staat nie daarin slaag om
bendebedrywighede en misdaad te bekamp en mense weer veilig te laat voel
nie.

"Die bendekultuur in gemeenskappe is diep gewortel en baie mense se welvaart
hang daarvan af. 'n Veel omvattender strategie as bloot misdaadbestryding is
dus nodig om dit aan bande te lê.

"Bruin mense bevind hul tans in 'n sosiaal-politieke niemandsland waarin
hulle grootliks leierloos is en waar niemand gesien word dat hy hul
spesifieke saak op die agenda plaas nie."

Ek hou hierdie aan jou voor om aan jou uit te wys dat die barbaarse geweld
in SA nie net op witmense gemik is nie. In my vroeëre plasings het ek dit
ook so gestel, maar in jou selektiewe veroordeling, het jy verkies om
daardie dele te ignoreer.

> En wat het jy vir jou swart medebroer gesê
> toe hy tien jaar gelede dieselfde dinge wou
> h^e? Watter reg het jy om dit nou te eis,
> terwyl daar tien jaar gelede niks omgegee
> is dat tagtig persent van die bevolking van
> SA nie bostaande voorregte kon kry nie.
> Watter reg het jy om nou te sê dat jy goeie
> orde wil h^e, en dit wil hê en dat wil h^e.
> Tien jaar gelede wou jou swart medebroers
> dieselfde dinge h^e, en hulle is sommer
> maklik doodgeskiet en van trappe afgegooi.
> En ekonomies was hulle in drastiese toestande,
> en moes hulle met laerangse fasiliteite
> klaarkom. En dit het nie gehelp om te kla
> nie.

Ek neem aan jy wil dieselfde vrae aan Zelda Jongbloed stel, Gloudina?

Wat weet jy van my posisie tien jaar gelede? So ver dit jou aangaan het ek
toe mos nog doeke gedra, of hoe?

> So, wit seun, ek dink nie jy

Ek neem aan jy gebruik 'seun' hier in dieselfde verband as wat witmense in
die ou SA van 'n volwasse swartman as 'boy' gepraat het. Dit verbaas my nie,
Gloudina, want op die ou end is ook jy 'n produk van die ou SA, en die lagie
'make-up' wat jy opplak wys ernstige krake. Veral wanneer dit kom by
selektiewe moraliteit.

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Wie is die plakkers? [boodskap #14894 is 'n antwoord op boodskap #14827] Ma, 18 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> " 'n Staat se belangrikste doel is om mense te beveilig. Hele gemeenskappe
> loop gevaar om vervreem te raak as die staat nie daarin slaag om
> bendebedrywighede en misdaad te bekamp en mense weer veilig te laat voel
> nie.
>
> "Die bendekultuur in gemeenskappe is diep gewortel en baie mense se welvaart
> hang daarvan af. 'n Veel omvattender strategie as bloot misdaadbestryding is
> dus nodig om dit aan bande te lê.

Hierdie uitspraak is net so waar vir die
minder-gegoede dele van Los Angeles of
Miami. En die bendekultuur in SA het
dwarsdeur die apartheids-regime gefloreer.
Jy was maar net beskerm in die laer. Ek
het al vantevore gepraat van hoe my
leerlinge wanneer hulle met vakansie huis-
toe gaan, op die treine moes aantrek en
praat soos tsotsis, ander word hulle
aangerand en beroof. Nou neem ek aan
daar is nog meer bendes, meestal van
mense wat geen aandeel in die sosio-
ekonomiese ontwikkeling van SA gehad het
vir dekades nie.

>
> "Bruin mense bevind hul tans in 'n sosiaal-politieke niemandsland waarin
> hulle grootliks leierloos is en waar niemand gesien word dat hy hul
> spesifieke saak op die agenda plaas nie."

Omdat sy "bruin" is, en dus ook gely
het in die vorige bedeling, dink jy
nie sy het reg om te praat nie - vir
leierskap te vra nie? Ek het dit net
teen die mense wat vir veertig jaar
langs die vleespotte gesit het, en
heelwaarskynlik nie 'n vinger opgelig
het om 'n wrede rassistiese bedeling
stop te sit nie, en wat nou skielik
wil hê dat hulle regering perfek moet
wees, en die land 'n perfekte land.
Nee, daar is 'n warrelwind gesaai,
en nou maai almal dit: wit, bruin en
swart.

Gloudina
Re: Wie is die plakkers? [boodskap #14895 is 'n antwoord op boodskap #14827] Ma, 18 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 17 May 1998 01:24:32 GMT, wrote:

> nie. So, wit seun, ek dink nie jy kan dit

Jy praat nou met hom in dieselfde stemtoon en asem as die een waarteen
jy vroeer so te velde getrek het. Verklein jy hier om dieselfde
redes.

Jy adverteer so graag jou swakhede! Ek dink nie ons kan jou eintlik
meer help om met meer gesonde verstand redenasies vorendag te kom nie.

Dis nou 'n ou laai van jou om voortdurend presies dieselfde te doen as
wat jy kritiek oor uitspreek.
Re: Wie is die plakkers? [boodskap #14940 is 'n antwoord op boodskap #14827] Di, 19 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Nee, daar is 'n warrelwind gesaai,
> en nou maai almal dit: wit, bruin en
> swart.
>
> Gloudina

En Gloudina gloat.
Re: Wie is die plakkers? [boodskap #14995 is 'n antwoord op boodskap #14827] Wo, 20 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ekke[1]  is tans af-lyn  Ekke[1]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:

>
> En is dit nie wonderlik nie. Dit sluit
> jou in. En Nelson Mandela. Vir hoeveel
> jare was hy opgesluit en van sy vryheid
> ontneem, net omdat hy gevra het dat nie-
> wit mense in SA (tagtig persent van die
> bevolking) sommige van die dinge kry
> wat jy nou eis.

Duidelik het jy nie 'n snars idee van die geskiedenis nie: Nelson
Mandela is tronk toe omdat hy help beplan het aan 'n blanke bloedbad.

Gaan lees gerus die geskiedenis en vergewis jouself van die feite wat
tydens die Rivonia verhoor na vore gekom het.

As ek kyk na die moorde wat byna daagliks op bore gepleeg word, lyk dit
asof hy voortgaan met wat hy destyds beplan het, net op 'n "wettige"
manier.
Vorige onderwerp: Van Mutimoord gepraat....
Volgende onderwerp: VAN DE ARNO'S
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 12:57:05 MGT 2024