| ongemerk [boodskap #148937] |
Sa., 02 Augustus 2025 17:36 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24136 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongemerk
Afbreking: on•ge•merk
Samestelling: on- + gemerk
Byvoeglike naamwoord: ongemerk
Attributief: ongemerkte
Betekenis:
• Sonder om raakgesien of opgemerk te word.
• Wat nie duidelik gemerk is nie.
Gebruik:
• Sy het haarself ongemerk uit die voete gemaak.
• Die polisie kon nie die eienaarskap van die ongemerkte vee bepaal nie.
Sinoniem:
• geruisloos
• heimlik
• onbemerk
• onderlangs
• ongesiens
• onopgemerk
• onopvallend
• sluipend
• stilletjies
Antoniem:
• gemerk
Vertaling:
Engels: unnoticed, unperceived; unmarked
Nederlands: ongemerkt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|