| bevrugting [boodskap #148922] |
Sa., 02 Augustus 2025 09:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bevrugting
Afbreking: be•vrug•ting
Samestelling: bevrug(t) + -ing
Selfstandige naamwoord: bevrugting
Meervoud: bevrugtinge, bevrugtings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van bevrug.
• (biologie) Die versmelting van 'n manlike gameet met 'n vroulike gameet om 'n sigoot te vorm.
Gebruik:
• Die bevrugting van die plant vind deur windbestuiwing plaas.
• Swangerskap of gestasie is die periode vanaf bevrugting tot geboorte, by mens ongeveer 40 weke.
Sinoniem:
• fertilisasie
• inseminasie
• impregnasie
• impregnering
• konsepsie
• ontvangenis
• swangerwording
Hiponiem:
• kruisbevrugting
• proefbuisbevrugting
• selfbevrugting
Vertaling:
Engels: fertilisation, conception, impregnation
Nederlands: bevruchting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|