| ooreenkomstig [boodskap #148905] |
Do., 31 Julie 2025 18:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ooreenkomstig
Afbreking: oor•een•kom•stig
Samestelling: ooreenkom(st) + -ig
Byvoeglike naamwoord: ooreenkomstig
Attributief: ooreenkomstige
Betekenis:
• Wat met iets anders ooreenkom.
Gebruik:
• 'n Geskikte straf sal ooreenkomstig die oortreding gevel word.
Sinoniem:
• dienooreenkomstig
• korresponderend
• ooreenstemmend
• soortgelyk
Afgelei:
• ooreenkomstigheid
Vertaling:
Engels: corresponding, analogous, similar
Nederlands: overeenkomstig
Voorsetsel: ooreenkomstig
Betekenis:
• In ooreenstemming met iets; volgens iets.
Gebruik:
• Ooreenkomstig die kontrak moet die werk binne ses maande voltooi wees.
Sinoniem:
• ingevolge
• volgens
Vertaling:
Engels: in agreement with
Nederlands: overeenkomstig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|