| denkbeeld [boodskap #148903] |
Do., 31 Julie 2025 15:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
denkbeeld
Afbreking: denk•beeld
Samestelling: denk (dink) + beeld
Uitspraak: /ˈdɛŋk.bɪə̯lt/
Selfstandige naamwoord: denkbeeld
Meervoud: denkbeelde
Verkleinwoord: denkbeeldjie
Meervoud van verkleining: denkbeeldjies
Betekenis:
• 'n Voorstelling of beeld wat iemand in sy kop/gedagtes/verbeelding vorm.
Gebruik:
• Marxisme is gebaseer op die denkbeelde van Karl Marx en Friedrich Engels.
Sinoniem:
• abstraksie
• droombeeld
• gedagte
• idee
• konsepsie
• opinie
• opvatting
• siening
• voorstelling
Antoniem:
• feit
Afgelei:
• denkbeeldig
• denkbeeldvorming
Vertaling:
Engels: idea, notion
Nederlands: denkbeeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|