Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » volwassenheid
volwassenheid [boodskap #148899] Do., 31 Julie 2025 12:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volwassenheid
Afbreking: vol•was•sen•heid
Samestelling: volwasse + -n- + -heid


Selfstandige naamwoord: volwassenheid
Meervoud: volwassenhede

Betekenis:
• Die toestand of mate van volwasse (volgroeid) wees.
• Emosionele wasdom.

Gebruik:
• Teen die ouderdom van agtien het die meeste mense fisiese volwassenheid bereik.
• Sy het groot volwassenheid getoon deur dadelik in te spring en uit te help.

Sinoniem:
• lewenswysheid
• meerderjarigheid
• mondigheid
• rypheid
• selfstandigheid
• verstandigheid
• wasdom

Antoniem:
• onvolwassenheid

Vertaling:
Engels: maturity, adultness, adulthood
Nederlands: volwassenheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: peervormig
Volgende onderwerp: belemmering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 00:23:57 UTC 2025