| aanhang [boodskap #148892] |
Do., 31 Julie 2025 09:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanhang
Afbreking: aan•hang
Samestelling: aan + hang
Werkwoord: hang aan, aanhang
Verlede tyd: het aangehang
Betekenis:
• Om hangend aan iets vas te sit.
• Om iets of iemand of te volg of te steun.
Gebruik:
• Sy hang die sleutels aan die deur.
• Hy het van kleins af die Christelike geloof aangehang.
Afgelei:
• aanhanger
• aanhangig
• aanhangmotor
• aanhangsel
• aanhangwa
Vertaling:
Engels: to attach to, hang on; to follow, support
Nederlands: aanhangen
Selfstandige naamwoord: aanhang
Meervoud: –
Betekenis:
• Iemand se vriende, helpers, ondersteuners, navolgers, volgelinge, ens.
Gebruik:
• Sy is 'n bekende sanger met 'n groot aanhang.
Vertaling:
Engels: following, support, adherents, disciples
Nederlands: aanhang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|