| losruk [boodskap #148859] |
Wo., 30 Julie 2025 07:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
losruk
Afbreking: los•ruk
Samestelling: los + ruk
Werkwoord: ruk los, losruk
Verlede tyd: het losgeruk
Betekenis:
• Om met 'n ruk los te maak of los te kom.
Gebruik:
• Hy ruk die deur los.
• Die dief het hom uit die polisieman se greep losgeruk en weggehardloop.
Sinoniem:
• afruk
• afskeur
• aftrek
• losmaak
• lostrek
• skeur
• wegbreek
Vertaling:
Engels: to tear loose, pull loose
Nederlands: losrukken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|