| projeksie [boodskap #148833] |
So., 27 Julie 2025 17:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24208 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
projeksie
Afbreking: pro•jek•sie
Samestelling: projekteer + -sie
Selfstandige naamwoord: projeksie
Meervoud: projeksies
Betekenis:
• Die optiese oordrag van 'n beeld op 'n skerm.
• Iets wat geprojekteer (op iets anders oorgedra) word.
• 'n Raming of skatting van toekomstige uitkomste.
Gebruik:
• As die projektor se lens vuil is, sal die projeksie dof wees.
• Tydens terapie besef hy dat sy woede teenoor ander 'n projeksie van sy eie skuldgevoel is.
• Volgens alle projeksies sal die ekonomie volgende jaar weer groei.
Hiponiem:
• bevolkingsprojeksie
• kaartprojeksie
• keëlprojeksie
• silinderprojeksie
• skyfieprojeksie
Afgelei:
• projeksieapparaat
• projeksiedoek
• projeksielamp
• projeksielantern
• projeksiemetodes
• projeksierigting
• projeksieskerm
• projeksievlak
Vertaling:
Engels: projection
Nederlands: projectie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|