Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onbeskaamdheid
onbeskaamdheid [boodskap #148832] So., 27 Julie 2025 16:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24208
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onbeskaamdheid
Afbreking: on•be•skaamd•heid
Samestelling: onbeskaamd + -heid


Selfstandige naamwoord: onbeskaamdheid
Meervoud: onbeskaamdhede

Betekenis:
• Die toestand (of mate) van onbeskaamd wees: 'n gebrek aan skaamte of terughoudendheid.

Gebruik:
• Die onbeskaamdheid waarmee hulle steel en daarmee spog, is absoluut verstommend.

Sinoniem:
• astrantheid
• onbeskeidenheid
• skaamteloosheid
• vrymoedigheid
• vrypostigheid

Vertaling:
Engels: shamelessness, insolence, impudence
Nederlands: onbeschaamdheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hooftrek
Volgende onderwerp: projeksie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 18:41:04 UTC 2025