Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorsig
oorsig [boodskap #148830] So., 27 Julie 2025 10:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24208
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorsig
Afbreking: oor•sig
Samestelling: oor + sig


Selfstandige naamwoord: oorsig
Meervoud: oorsigte
Verkleinwoord: oorsiggie
Meervoud van verkleining: oorsiggies

Betekenis:
• 'n Opsomming of samevatting van die inhoud.
• 'n Uitsig oor 'n geheel.

Gebruik:
• Die program bied 'n oorsig van nuusgebeure en aktuele kwessies.
• Die wolkekrabber bied 'n asemrowende oorsig oor die stad.

Sinoniem:
• hooftrekke
• opsomming
• samevatting
• sinopsis
• uittreksel
• verkorting

Hiponiem:
• beursoorsig
• hersieningsoorsig
• persoorsig

Afgelei:
• oorsigtelik
• oorsigstabel
• oorsigsjaar
• oorsigskaart

Vertaling:
Engels: overview, summery, synopsis; view
Nederlands: overzicht

Nota:
• Oorsig in die betekenis van "fout of mistasting" is Anglisisties.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorlesing
Volgende onderwerp: hooftrek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 18:40:38 UTC 2025