Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lumen
lumen [boodskap #148812] Sa., 26 Julie 2025 14:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lumen
Afbreking: lu•men


Selfstandige naamwoord: lumen
Meervoud: lumens

Betekenis:
• SI-eenheid vir die hoeveelheid lig wat vanuit 'n ligbron uitstraal; die stralingsvloedsterkte van sigbare lig.

Gebruik:
• 'n Gloeilamp van 100 watt gee 'n ligstroom van ongeveer 1200 lumen.

Afkorting:
• lm

Vertaling:
Engels: lumen
Nederlands: lumen


Selfstandige naamwoord: lumen
Meervoud: lumina

Betekenis:
• (biologie) Die holte of kanaal binne 'n buis of buisvormige orgaan.

Gebruik:
• Lintwurms is lastige parasiete wat in die lumen van die derm lewe.

Vertaling:
Engels: lumen
Nederlands: lumen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: newton
Volgende onderwerp: lintwurm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 23:18:42 UTC 2025