Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onveranderlik
onveranderlik [boodskap #148804] Sa., 26 Julie 2025 08:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onveranderlik
Afbreking: on•ver•an•der•lik
Samestelling: on- + veranderlik


Byvoeglike naamwoord: onveranderlik
Vergrotende trap: onveranderliker
Oortreffende trap: onveranderlikste
Attributief: onveranderlike
Partitief: onveranderliks

Betekenis:
• Wat altyd dieselfde bly; konstant is en nie verander nie.

Gebruik:
• Die wêreld verander voortdurend, maar God is ewig en onveranderlik.

Sinoniem:
• bestendig
• blywend
• ewig
• invariabel
• koersvas
• konstant
• onveranderbaar
• onveranderd
• paalvas
• standhoudend
• standvastig

Antoniem:
• veranderlik
• wispelturig

Afgelei:
• onveranderlikheid

Vertaling:
Engels: unchangeable, constant, invariable
Nederlands: onveranderlijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ponie
Volgende onderwerp: veranderlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 13 17:26:26 UTC 2025