| verdor [boodskap #148770] |
Wo., 23 Julie 2025 09:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdor
Afbreking: ver•dor
Samestelling: ver- + dor
Werkwoord: verdor
Verlede tyd: het verdor
Betekenis:
• Om droog of dor te word.
Gebruik:
• Die hitte het die blomme verdor.
Sinoniem:
• uitdor
• uitdroog
• verbruin
• verdroog
• verlep
• verwelk
• verrimpel
• verskrompel
Afgelei:
• verdorring
• verdorwe
Vertaling:
Engels: to wither, parch, shrivel up
Nederlands: verdorren
Byvoeglike naamwoord: verdor, verdord
Attributief: verdorde
Betekenis:
• Wat uitgedroog of van droogte verrimpel is.
Gebruik:
• Die droë veld is vol verdorde bome met kaal stamme en blaarlose takke.
Afgelei:
• verdordheid
Vertaling:
Engels: withered, parched, shrivelled up
Nederlands: verdord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|