Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » droomland
droomland [boodskap #148760] Di., 22 Julie 2025 19:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
droomland
Afbreking: droom•land
Samestelling: droom + land


Selfstandige naamwoord: droomland
Meervoud: droomlande
Verkleinwoord: droomlandjie
Meervoud van verkleining: droomlandjies

Betekenis:
• 'n Toestand van slaap waartydens 'n mens drome droom.
• Die perfekte plek waar alles mooi en almal gelukkig is.

Gebruik:
• Is ek wakker of in droomland?
• Suid-Afrika is nou wel nie 'n droomland nie, maar dis ons land!

Spreekwoord:
Droomland toe gaan/stuur. [Aan die slaap raak/maak.]

Sinoniem:
• droomwêreld
• kammaland

Vertaling:
Engels: dreamland
Nederlands: dromenland; droomland

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: alwys
Volgende onderwerp: spinagtige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 14 17:32:14 UTC 2025