| gerond [boodskap #148750] |
Di., 22 Julie 2025 11:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24278 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gerond
Afbreking: ge•rond
Samestelling: ge- + rond
Byvoeglike naamwoord: gerond
Attributief: geronde
Betekenis:
• Met 'n ronde vorm, of wat rond gemaak is.
Gebruik:
• Die tafel se hoeke is gerond sodat dit jou nie sal seermaak nie.
• Die eens goed geronde vrou het tot 'n skeletagtige 35 kg weggekwyn.
Sinoniem:
• afgerond
• bolvormig
• geboë
• gekrom
• rondgemaak
Antoniem:
• ongerond
Hiponiem:
• halfgerond
Afgelei:
• gerondheid
Vertaling:
Engels: rounded, curved
Nederlands: gerond
Nota:
• Voltooide deelwoord van rond.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|