| olyfgroen [boodskap #148747] |
Di., 22 Julie 2025 09:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
olyfgroen
Afbreking: ol•yf•groen
Samestelling: olyf + groen
Byvoeglike naamwoord: olyfgroen
Attributief: olyfgroen
Betekenis:
• Met 'n kleur tussen groen en bruin, soos die van olywe.
Gebruik:
• Die grootbrulpadda is olyfgroen met 'n oranjegeel pens.
Sinoniem:
• olyfkleurig
Vertaling:
Engels: olive green
Nederlands: olijfgroen
Selfstandige naamwoord: olyfgroen
Meervoud: –
Betekenis:
• Die kleur van groen olywe, RAL-nommer 6003.
Gebruik:
• Ek hou nie van olyfgroen nie.
Sinoniem:
• olyfkleur
Vertaling:
Engels: olive green
Nederlands: olijfgroen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|