| obskuur [boodskap #148740] |
Ma., 21 Julie 2025 19:11 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
obskuur
Afbreking: ob•skuur
Byvoeglike naamwoord: obskuur
Vergrotende trap: obskuurder
Oortreffende trap: obskuurste
Attributief: obskure
Partitief: obskuurs
Betekenis:
• Wat nie algemeen bekend of maklik verstaanbaar is nie.
Gebruik:
• Die Adamiete was 'n obskure sekte waarvan die lede geen klere tydens hulle kerkdienste gedra het nie.
Sinoniem:
• beneweld
• donker
• geheimsinnig
• onbekend
• onbeduidend
• onbegryplik
• onduidelik
• ondeursigtig
• onverstaanbaar
• versluier
• vreemd
Afgelei:
• obskuurheid
Vertaling:
Engels: obscure
Nederlands: obscuur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|