| allesetend [boodskap #148729] |
So., 20 Julie 2025 12:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24180 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
allesetend
Afbreking: al•les•e•tend
Samestelling: alles + eet + -end
Byvoeglike naamwoord: allesetend
Attributief: allesetende
Betekenis:
• Wat alles (beide plante en vleis) eet en nie tot net een soort voedsel beperk is nie.
Gebruik:
• Mense, bere, hoenders, rotte en varke is allesetend.
Sinoniem:
• omnivories
Afgelei:
• alleseter
Verwant:
• plantetend
• vleisetend
Vertaling:
Engels: omnivorous
Nederlands: allesetend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|