| nadroe [boodskap #148719] |
So., 20 Julie 2025 08:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24205 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Nadroe in die veld.
nadroe
Afbreking: na•droe
Uitspraak:/ǂŋɑːdru/, /ˈnɑːdru/
Selfstandige naamwoord: nadroe
Meervoud: nadroes
Betekenis:
• Die aardwolf, 'n vleiseter met maanhare op die nek en rug en 'n dik harige stert, Proteles cristatus.
Gebruik:
• Die nadroe het 'n liggeel pels met swart, vertikale strepe en lyk soos 'n kleinerige hiëna wat min of meer so groot soos 'n jakkals is.
Sinoniem:
• erdwolf
• gheip
• maanhaarjakkals
• nadroejakkals
• weerwolf
Vertaling:
Engels: aardwolf, maned jackal
Nederlands: aardwolf
Zoeloe: isingci
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|