| daarenteë [boodskap #148689] |
Sa., 19 Julie 2025 06:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
daarenteë
Afbreking: daar•en•te•ë
Samestelling: daar + en + teë (teen)
Bywoord: daarenteë
Betekenis:
• Aan die ander kant. In teenstelling met wat genoem is.
Gebruik:
• Alida is mooi; Sarie daarenteë is lelik.
Wisselvorm:
• daarenteen
Sinoniem:
• daarteenoor
• inteendeel
• omgekeerd
Vertaling:
Engels: by contrast
Nederlands: daarentegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|