| ewehoewig [boodskap #148686] |
Vr., 18 Julie 2025 17:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ewehoewig
Afbreking: e•we•hoe•wig
Samestelling: ewe + hoef + -ig
Byvoeglike naamwoord: ewehoewig
Attributief: ewehoewige
Betekenis:
• Met 'n ewe aantal (2 of 4) tone aan elke poot, waarvan die naels tot hoewe vergroei is.
Gebruik:
• Beeste, kameelperde, seekoeie, skape en varke is ewehoewige soogdiere.
Antoniem:
• onewehoewig
Afgelei:
• ewehoewiges
Vertaling:
Engels: even-toed ungulate
Nederlands: evenhoevig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|