| wapiti [boodskap #148685] |
Vr., 18 Julie 2025 17:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Wapiti.
wapiti
Afbreking: wa•pi•ti
Selfstandige naamwoord: wapiti
Meervoud: wapiti's
Betekenis:
• Die Amerikaanse elk, 'n groot ewehoewige takbok van Noord-Amerika en Asië, Cervus canadensis.
Gebruik:
• In die herfs kry die wapiti 'n dikker pels wat hulle in die winter warm hou.
Vertaling:
Engels: elk, wapiti
Nederlands: wapiti
Nota:
• Die naam wapiti kom van die Shawnee-Indiane en beteken 'wit agterkant'.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|