Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » viktimiseer
viktimiseer [boodskap #148674] Do., 17 Julie 2025 11:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24277
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
viktimiseer
Afbreking: vik•ti•mi•seer


Werkwoord: viktimiseer
Verlede tyd: het geviktimiseer

Betekenis:
• Om iemand 'n slagoffer te maak deur hom/haar wreed of onregverdig te behandel.

Gebruik:
• Ek gaan my nie laat viktimiseer of intimideer nie.
• Die bendelede het die ou tannie geterroriseer en geviktimiseer.

Sinoniem:
• afknou
• benadeel
• boelie
• diskrimineer
• karnuffel
• onderdruk
• verontreg
• teiken
• treiter

Afgelei:
• viktimisasie
• viktimiseerder
• viktimisering

Vertaling:
Engels: to victimize
Nederlands: slachtoffer maken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: prestigeryk
Volgende onderwerp: bendelid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jan. 10 15:00:52 UTC 2026