| intimiderend [boodskap #148671] |
Do., 17 Julie 2025 09:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24235 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
intimiderend
Afbreking: in•ti•mi•de•rend
Samestelling: intimideer + -end
Byvoeglike naamwoord: intimiderend
Vergrotende trap: intimiderender
Oortreffende trap: intimiderendste
Attributief: intimiderende
Partitief: intimiderends
Betekenis:
• Wat 'n mens intimideer (vrees of onsekerheid veroorsaak).
Gebruik:
• Die hond lyk vreeslik intimiderend, maar hy sal jou eerder doodlek as doodbyt.
Sinoniem:
• angswekkend
• dreigend
• ontsagwekkend
• skrikaanjaend
• vreesaanjaend
Vertaling:
Engels: intimidating
Nederlands: intimiderend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van intimideer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|