Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fosfaat
fosfaat [boodskap #148662] Do., 17 Julie 2025 07:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fosfaat
Afbreking: fos•faat
Samestelling: fosfor + -aat


Selfstandige naamwoord: fosfaat
Meervoud: fosfate

Betekenis:
• Die sout van 'n fosforsuur, 'n anorganiese verbinding met die ioon PO43-.

Gebruik:
Fosfaat is 'n belangrike misstof vir plante en kom onder andere ook in bene en tande voor.

Sinoniem:
• fosforsuursout

Hiponiem:
• ammoniumfosfaat
• chloorfosfaat
• kalsiumfosfaat
• koperfosfaat
• litiumysterfosfaat
• rotsfosfaat
• superfosfaat
• ysterfosfaat

Afgelei:
• fosfaatarm
• fosfaatbemesting
• fosfaatbenodigdhede
• fosfaaterts
• fosfaatgesteente
• fosfaathoudend
• fosfaatkunsmis
• fosfaatlaag
• fosfaatmengsel
• fosfaatrots
• fosfaatryk
• fosfaatsout
• fosfaattoediening
• fosfaatverbinding

Vertaling:
Engels: phosphate
Nederlands: fosfaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stase
Volgende onderwerp: litiumysterfosfaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 05:52:18 UTC 2025