| fenol [boodskap #148635] |
Ma., 14 Julie 2025 18:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24288 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Struktuur van fenol.
fenol
Afbreking: fe•nol
Selfstandige naamwoord: fenol
Meervoud: fenole
Betekenis:
• 'n Organiese verbinding bestaande uit 'n benseenring (fenielgroep) waarvan een waterstofatoom met 'n hidroksielgroep (OH) vervang is.
Gebruik:
• Fenol is 'n giftige, kleurlose kristalagtige stof met 'n soet teeragtige geur, wat as 'n "hospitaalreuk" beskryf kan word.
Sinoniem:
• hidroksibenseen
• karbolsuur
Vertaling:
Engels: phenol
Nederlands: fenol
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|