| boel [boodskap #148613] |
So., 13 Julie 2025 10:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boel
Afbreking: boel
Selfstandige naamwoord: boel
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Groot hoeveelheid mense of dinge bymekaar.
• 'n Persoon se boedel, veral los besittings.
Gebruik:
• Heuning is nie net lekker nie, maar het ook 'n hele boel gesondheidsvoordele.
• Sy boel word die week op die veiling verkoop.
Sinoniem:
• baie
• hoop
• horde
• kaboedel
• klomp
• spul
• swerm
• swetterjoel
• trop
Afgelei:
• knoeiboel
• smeerboel
• warboel
Vertaling:
Engels: lot, crowd, heaps, lots
Nederlands: boel
Nota
• "Boel" die naam van 'n hond in die uitdrukkings soos "Boel prys sy stert" (gesê van iemand wat sy eie lof besing) en "Boel se stert is joune" (sarkasties toegee dat iemand 'n argument gewen het).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|