| koronêr [boodskap #148602] |
Sa., 12 Julie 2025 18:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koronêr
Afbreking: ko•ro•nêr
Byvoeglike naamwoord: koronêr
Attributief: koronêre
Betekenis:
• Wat betrekking het op die kroonslagaar van die hart, of ander orgaan waarvan die bloedvate (soos 'n kroon) rondom loop.
Gebruik:
• Hartaanvalle word meestal deur koronêre hartsiekte veroorsaak.
Vertaling:
Engels: coronary
Nederlands: coronair
Selfstandige naamwoord: koronêr
Meervoud: koronêre
Betekenis:
• (informeel) 'n Hartaanval, meestal figuurlik, erge woede of ontsteltenis.
Gebruik:
• Ek is nou so kwaad, ek skiet sommer 'n koronêr!
Vertaling:
Engels: heart attack
Nederlands: hartaanval
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|