| ongesuur [boodskap #148560] |
Do., 10 Julie 2025 18:40 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongesuur
Afbreking: on•ge•suur
Samestelling: on- + gesuur
Byvoeglike naamwoord: ongesuur, ongesuurd
Attributief: ongesuurde
Betekenis:
• Wat nie met suurdeeg (gis) gemaak is nie.
Gebruik:
• Wanneer jy 'n graanoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit van gesifte meel wees; ongesuurde ringbrode wat met olyfolie gemeng is, of ongesuurde platbrode wat met olyfolie gesmeer is. [Levitikus 2:4]
Antoniem:
• gesuurd
• ingesuur
Vertaling:
Engels: unleavened, leavenless
Nederlands: ongezuurd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|