| sojaboon [boodskap #148552] |
Wo., 09 Julie 2025 19:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sojaboon
Afbreking: so•ja•boon
Samestelling: soja + boon
Selfstandige naamwoord: sojaboon
Meervoud: sojabone
Verkleinwoord: sojaboontjie
Meervoud van verkleining: sojaboontjies
Betekenis:
• Die eetbare boon van die sojaplant, Glycine max.
Gebruik:
• Sojabone is 'n belangrike proteïenbron vir die voer van plaasdiere.
Afgelei:
• sojaboonboer
• sojaboonkultivar
• sojaboonmelk
• sojaboonoes
• sojaboonolie
• sojaboonproduksie
• sojaboonsaad
Vertaling:
Engels: soya bean, soybean
Nederlands: sojaboon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|