Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stralend
stralend [boodskap #148548] Wo., 09 Julie 2025 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24175
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stralend
Afbreking: stra•lend
Samestelling: straal + -end


Byvoeglike naamwoord: stralend
Vergrotende trap: stralender
Oortreffende trap: stralendste
Attributief: stralende
Partitief: stralends

Betekenis:
• Wat lig (of ander strale) afgee.
• Wat geluk en vreugde uitstraal.

Gebruik:
• Die stralende lig en hitte van die Son neem sowat 8 minute om die Aarde te bereik.
• Sy het 'n stralende persoonlikheid. My liefste is stralend en bloesend. [Hooglied 5:10]

Sinoniem:
• blakend
• glansend
• glimmend
• gloeiend
• liggewend
• skitterend
• sonnig
• sprankelend

Vertaling:
Engels: radiant
Nederlands: stralend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: steurend
Volgende onderwerp: stamperig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 15:50:27 UTC 2025