| wolkombers [boodskap #148536] |
Wo., 09 Julie 2025 09:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wolkombers
Afbreking: wol•kom•bers
Samestelling: wol + kombers
Selfstandige naamwoord: wolkombers
Meervoud: wolkomberse
Verkleinwoord: wolkombersie
Meervoud van verkleining: wolkombersies
Betekenis:
• 'n Warm kombers van wol.
• (figuurlik) Iets wat iets ander soos 'n kombers oordek.
Gebruik:
• Hulle vou die verkluimde kind in 'n wolkombers toe.
• Die industriële gebied is in wolkombers van rook en roet gehul.
Spreekwoord:
• So lastig soos 'n vlooi in 'n wolkombers. [Baie lastig.]
Vertaling:
Engels: wool blanket
Nederlands: wollen deken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|