| velêr [boodskap #148520] |
Ma., 07 Julie 2025 18:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
velêr
Afbreking: ve•lêr
Selfstandige naamwoord: velêr
Meervoud: velêre
Betekenis:
• 'n Klank wat naby of teen die sagte verhemelte (Latyn: velum) gevorm is.
Gebruik:
• Voorbeelde van velêre in Afrikaans is die 'g' (soos in gaap), die sagter 'ch' (soos in China) en die 'ng' (soos in ding).
Sinoniem:
• velaar
Vertaling:
Engels: velar consonant
Nederlands: velaar, velair
Byvoeglike naamwoord: velêr
Attributief: velêre
Betekenis:
• Wat naby of teen die sagte verhemelte gevorm is.
Gebruik:
• Die harde k in Afrikaans (soos in "kies") is 'n velêre medeklinker.
Vertaling:
Engels: velar
Nederlands: velaar, velair
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|