| mikroskyfie [boodskap #148510] |
So., 06 Julie 2025 07:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mikroskyfie
Afbreking: mi•kro•sky•fie
Samestelling: mikro- + skyfie
Selfstandige naamwoord: mikroskyfie
Meervoud: mikroskyfies
Betekenis:
• 'n Geïntegreerde stroombaan van halfgeleiers op silikon wat gebruik word om inligting te stoor of te verwerk.
Gebruik:
• 'n Mikroskyfie, omtrent die grootte van 'n ryskorrel, word onder die vel ingeplant om die dier uniek te identifiseer.
Sinoniem:
• mikroverwerker
• mikrovlokkie
• silikonskyfie
• silikonvlokkie
Vertaling:
Engels: microchip
Nederlands: microchip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|