Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » invlieg
invlieg [boodskap #148488] Vr., 04 Julie 2025 20:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24182
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
invlieg
Afbreking: in•vlieg
Samestelling: in + vlieg


Werkwoord: vlieg in, invlieg
Verlede tyd: het ingevlieg

Betekenis:
• Om na die binnekant te vlieg.
• Om baie vinnig in te gaan.
• Om iets deur te vlieg in te haal.
• Om per vliegtuig te laat kom.
• Om kwaai aan te val.

Gebruik:
• Die voël vlieg in die huis in.
• Die kinders het met spoed in die kombuis ingevlieg.
• 'n Vegvliegtuig kan 'n bomwerper invlieg en hom afskiet.
• Hulle moes noodvoorraad na die rampgebied invlieg.
• Die winkelier het met sy kaal vuiste onder die diewe ingevlieg.

Sinoniem:
• aanval
• afransel
• binnestorm
• berispe
• bevlieg
• foeter
• inklim
• instorm
• kasty
• raas
• slegsê
• teregwys
• uitskel

Vertaling:
Engels: to fly into; to speed into; to fly in; to fly in; to go for
Nederlands: invliegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bloute
Volgende onderwerp: kransvalk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 20:55:46 UTC 2025