Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dankie tog Luyt is uit die pad!
Dankie tog Luyt is uit die pad! [boodskap #14689] Do, 14 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Antowan Nothling  is tans af-lyn  Antowan Nothling
Boodskappe: 14
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek weet dat daar een helse reaksie gaan wees op dit wat ek nou gaan se. mag
julle my verskoon vir die tikfoute, maar my vingers kry hel koud hier in
Centurion waar ek nou sit en tik.

Ek is baie bly dat Louis Luyt uit die game van rugby is. Hoe ver verwyder
hy werklik van rugby se sake is, sal ons nog moet sien, maar wanneer 'n man
sy familie bevoordeel binne 'n organisasie waar jy die belange van die game
moet bevorder, verloor ek my respek vir jou vinniger as wat jy krap nadat
'n skerpioen jou gesteek het.

Die man is arrogant, boonop 'n nepotis! Hy het al lankal, nog voor dat die
NSC met hom begin peuter het my 'n kriewelrigheid onder die kuwe gegee.
Eerstens is die man net nie vir my die toonbeeld van 'n karakter wat jy aan
die stuur van so 'n nasionale organisasie wil sien nie. Jy kan nie rugby
uit 'n besigheids oogpunt bestuur nie! Ek kan nie dink dat die raad se
ander lede dit toegelaat het sommerso sonder gelaat nie. Hy het die SARFU
berdyf as 'n skans gebruik om sy beursie te stop en sy eie besighede wat hy
wel besit glo my... aan te help.

Ek se nie dat jy spelers glad nie moet betaal, of self 'n beperkte salaris
moet gee nie, want aan die einde van die dag is geld wel betrokke as jy op
TV na die game kyk. Castle en ander vervaardigers sal nie die advertensie
spasie koop as dit nie vir hulle geldelik die moeite werd was om so te doen
nie. Hoekom is dit die moeite werd? Want James Small of wie ook al op die
veld draf daardie dag is tog daar! Hy moet natuurlik sy cut van die buit
kry. Maar wanneer jy as voorsitter van die grootste Rugby Voetbal unie in
SA die aktiwiteit buig om jou te pas, en nie die game nie, is jou vanaf die
staanspoor "extra weight". Wat doen 'n mens met extra weight? Jy laat dit
agter, en dit moes al lankal gebeur het.

Nou wil die bliksem kom staan en aanmerksels rongooi dat die afrikaner nie
murg in sy pype het nie, en dat hy gedink het daar steek meer in hulle pype
as net wind, en wie weet wat nog nie. Wie de donder dink die man is hy nou
eintlik?!!?

Wie de donner dink die man is hy?!!? Hvan wie praat hy nou eintlik, en
hoekom? Omdat hulle dalk die regte ding gedoen het. Moes hulle miskien hom
ondersteun vir sy eie selfsug? Sy malle m_ _r!!!

Hy moet maar in sy luukse huis in Balitto gaan wegkruip.

Ek kan nie sien hoekom almal so groot boehaai maak oor die storie nie. Dit
is tog die doel en die reg van die NSC om dit te doen. Ons moet eers
bekommerd raak wanneer hulle dieselfde doen met 'n ander sport liggaam!

Mense moet leer om die kat goed uit die boom te kyk voor hulle afgaan oor
dinge wat gedoen word om dinge wat verkeerd is reg te stel.
Re: Dankie tog Luyt is uit die pad! [boodskap #14848 is 'n antwoord op boodskap #14689] So, 17 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 May 1998 13:40:51 GMT, "Cyberant" wrote:

>
> Nou wil die bliksem kom staan en aanmerksels rongooi dat die afrikaner nie
> murg in sy pype het nie, en dat hy gedink het daar steek meer in hulle pype
> as net wind, en wie weet wat nog nie. Wie de donder dink die man is hy nou
> eintlik?!!?
>
> Wie de donner dink die man is hy?!!? Hvan wie praat hy nou eintlik, en
> hoekom? Omdat hulle dalk die regte ding gedoen het. Moes hulle miskien hom
> ondersteun vir sy eie selfsug? Sy malle m_ _r!!!

Luyt is reg, jy klink na die slapgat tipe waarna hy verwys het.
Dit gaan oor die beginsel van 'n vrye demokratiese land en die
beginsels soos in die Handves van Menseregte en ook die Grondwet.
Rugby se "affirmative action plan" in nie net van Luyt afhanklike nie,
ook Muleki George van die Grens wat grootbek is het nou nog nie eers
een van die "onderdruktes" in sy eie provinsie waar hy president is,
in 'n Curriebeker of Super 12 span nie. Laat hulle eerder na die
korrupsie in Sokker en die openlike rassisme in tennis kyk.
Vorige onderwerp: Idees vir webwerf Afrikaans.co.za
Volgende onderwerp: Ontvang 'n inkomste.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 17:37:41 MGT 2024