| troetelnaam [boodskap #148428] |
Ma., 30 Junie 2025 15:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
troetelnaam
Afbreking: troe•tel•naam
Samestelling: troetel + naam
Selfstandige naamwoord: troetelnaam
Meervoud: troetelname
Verkleinwoord: troetelnaampie
Meervoud van verkleining: troetelnaampies
Betekenis:
• 'n Liefkosense bynaam vir iemand waarvan jy hou.
Gebruik:
• Blom, Bokkie, Duifie, Hartjie, Liefie, Skapie en Skat is gepaste troetelname vir jou meisie of vroulief.
Sinoniem:
• koosnaam
• roepnaam
• streelnaam
• vleinaam
Antoniem:
• skelname
Vertaling:
Engels: pet name, term of endearment
Nederlands: troetelnaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|