Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waas
waas [boodskap #148420] Ma., 30 Junie 2025 09:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24208
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waas
Afbreking: waas


Selfstandige naamwoord: waas
Meervoud: wase

Betekenis:
• 'n Lae wolk van fyn druppeltjies (of ander vertroebeling) wat uitsig bemoeilik.
• 'n Nat, douagtige vlies om iets.
• (figuurlik) Iets wat dinge heimlik verbloem of wegsteek.

Gebruik:
• Die bruisende waterval is in 'n waas van reënboogkleure gehul.
• Hy vee die waas van sy bril af.
• Die regering se bose planne is versluier in 'n waas van geheimhouding.

Sinoniem:
• dynserigheid
• dynsigheid
• mislaag
• missluier
• mistigheid
• miswolk
• newel
• sluier
• wasigheid

Afgelei:
• dampwaas
• wasig
• waasvorming

Vertaling:
Engels: haze, mist, fog
Nederlands: waas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ooplê
Volgende onderwerp: versluier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 18:41:42 UTC 2025