| suurpootjie [boodskap #148415] |
So., 29 Junie 2025 17:12 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24234 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Suurpootjie.
suurpootjie
Afbreking: suur•poot•jie
Samestelling: suur + poot + -jie
Selfstandige naamwoord: suurpootjie
Meervoud: suurpootjies
Betekenis:
• 'n Klein, bedreigde skilpad, endemies aan die Wes-Kaap, Psammobates geometricus.
Gebruik:
• Die suurpootjie word selde meer as 10 tot 12 cm lank en word uitgeken aan sy kenmerkende dop met swart en geel steragtig patrone.
Sinoniem:
• geometriese skilpad
Vertaling:
Engels: geometric tortoise
Nederlands: geometrische landschildpad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|