| liggaamsgebrek [boodskap #148414] |
So., 29 Junie 2025 16:11 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24208 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
liggaamsgebrek
Afbreking: lig•gaams•ge•brek
Samestelling: liggaam + -s- + gebrek
Selfstandige naamwoord: liggaamsgebrek
Meervoud: liggaamsgebreke
Betekenis:
• 'n Liggaamlike fout, kwaal of ander tekortkoming wat maak dat 'n mens nie fisies normaal is nie.
Gebruik:
• Maar as die eersteling 'n liggaamsgebrek het, as hy lam of blind is of enige ander liggaamsgebrek het, mag jy hom nie as offer vir die Here jou God bring nie. [Deuteronomium 15:21]
Sinoniem
• mankement
Vertaling:
Engels: body defect, physical disability
Nederlands: lichaamsgebrek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|