| vlekloos [boodskap #148413] |
So., 29 Junie 2025 16:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24208 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vlekloos
Afbreking: vlek•loos
Samestelling: vlek + -loos
Byvoeglike naamwoord: vlekloos
Vergrotende trap: vlekloser
Oortreffende trap: vlekloosste
Attributief: vleklose
Betekenis:
• Besonder skoon, sonder enige kolle of vlekke.
• Sonder foute of tekortkominge.
Gebruik:
• Die tafeldoek is vlekloos skoon.
• Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. [1 Petrus 1:19]
Wisselvorm:
• vlekkeloos
Sinoniem:
• foutloos
• onberispelik
• onbesmet
• onbevlek
• ongerep
• rein
• silwerskoon
• smetloos
• smetteloos
• vlekvry
• volmaak
Antoniem:
• bevlek
Afgelei:
• vlekkeloosheid
Vertaling:
Engels: spotless, flawless
Nederlands: vlekkeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|