| sportmangees [boodskap #148395] |
Do., 26 Junie 2025 18:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24307 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sportmangees
Afbreking: sport•man•gees
Samestelling: sportman + gees
Selfstandige naamwoord: sportmangees
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Gees van respek en regverdigheid teenoor mededingers, asook grootmoedigheid ongeag of jy (of jou span) wen of verloor.
Gebruik:
• Julle het met trots, vaardigheid en ware sportmangees op die veld gedraf – iets waarop ons as skool baie trots is.
Sinoniem:
• sportiwiteit
• sportmanskap
Vertaling:
Engels: sportsmanship
Nederlands: sportiviteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|