| ruimhartig [boodskap #148373] |
Wo., 25 Junie 2025 10:57 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24235 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ruimhartig
Afbreking: ruim•har•tig
Samestelling: ruim + hart + -ig
Byvoeglike naamwoord: ruimhartig
Vergrotende trap: ruimhartiger
Oortreffende trap: ruimhartigste
Attributief: ruimhartige
Partitief: ruimhartigs
Betekenis:
• Met 'n groot hart; wat graag gee.
Gebruik:
• Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes. [2 Korintiërs 9:6]
Sinoniem:
• groothartig
• grootmoedig
• gul
• hartlik
• kwistig
• mededeelsaam
• milddadig
• vrygewig
Antoniem:
• bekrompe
Afgelei:
• ruimhartigheid
Vertaling:
Engels: big-hearted, generous, unselfish
Nederlands: ruimhartig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|