| goedaardig [boodskap #148362] |
Di., 24 Junie 2025 12:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
goedaardig
Afbreking: goed•aar•dig
Samestelling: goed + aard + -ig
Byvoeglike naamwoord: goedaardig
Vergrotende trap: goedaardiger
Oortreffende trap: goedaardigste
Attributief: goedaardige
Betekenis:
• Wat goed is van karakter.
• Wat nie gevaarlik is nie.
Gebruik:
• 'n Goedaardige man het gestop en ons gehelp om die pap band te ruil.
• Die gewas is getoets en dit blyk goedaardig te wees.
Sinoniem:
• goedgesind
• goedmoedig
• gemoedelik
• onskadelik
• onskuldig
• welwillend
Antoniem:
• boosaardig
• kwaadaardig
Afgelei:
• goedaardigheid
Vertaling:
Engels: benign, good-natured, kind-hearted
Nederlands: goedaardig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|