| roem [boodskap #148358] |
Di., 24 Junie 2025 11:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
roem
Afbreking: roem
Selfstandige naamwoord: roem
Meervoud: –
Betekenis:
• Toestand van bekendheid en bewondering.
Gebruik:
• Sy droom van Hollywood en die roem wat daarmee gepaardgaan.
Spreekwoord:
• Eie roem stink. [Dis nie mooi om jouself te prys nie.]
Sinoniem:
• aansien
• befaamdheid
• faam
• gewildheid
• glorie
• heerlikheid
• lof
• majesteit
• vermaardheid
Hiponiem:
• eieroem
• krygsroem
• oorlogsroem
Afgelei:
• roemgierig
• roemloos
• roemrugtig
• roemryk
• roemsug
• roemvol
Vertaling:
Engels: fame, glory, renown, praise
Nederlands: roem
Werkwoord: roem
Verlede tyd: het geroem
Betekenis:
• Om met iets te spog.
Gebruik:
• Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. [1 Korintiërs 3:21]
Vertaling:
Engels: to boast, glory in
Nederlands: roemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|