| opvlieënd [boodskap #148351] |
Ma., 23 Junie 2025 16:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24350 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opvlieënd
Afbreking: op•vlie•ënd
Samestelling: opvlieg + -end
Byvoeglike naamwoord: opvlieënd
Vergrotende trap: opvlieënder
Oortreffende trap: opvlieëndste
Attributief: opvlieënde
Betekenis:
• Wat vinnig kwaad word.
Gebruik:
• Hy is 'n onaangename en opvlieënde kalant.
Sinoniem:
• driftig
• heethoofdig
• hitsig
• knorrig
• kortgebakerd
• kortgebonde
• plofbaar
• prikkelbaar
• temperamenteel
• toornig
• twisgierig
• vurig
Vertaling:
Engels: quick-tempered, cranky, irascible
Nederlands: opvliegend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van opvlieg.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|