| murmel [boodskap #148292] |
Wo., 18 Junie 2025 15:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
murmel
Afbreking: mur•mel
Werkwoord: murmel
Verlede tyd: het gemurmel
Teenwoordige deelwoord: murmelend, murmelende
Betekenis:
• (digterlik) Om saggies te ruis, of onhoorbaar te praat.
Gebruik:
• Nooi van die velde, jou kus en jou lag soos water wat murmel en kabbel so sag. [Eitemal]
Sinoniem:
• kabbel
• murmureer
• prewel
Afgelei:
• murmelend
• murmeling
Vertaling:
Engels: to murmur
Nederlands: murmelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|