| verkneukel [boodskap #148265] |
So., 15 Junie 2025 20:40 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkneukel
Afbreking: ver•kneu•kel
Samestelling: ver- + kneukel
Werkwoord: verkneukel
Verlede tyd: het verkneukel
Betekenis:
• Om stilletjies lekker te kry; in die mou te lag.
Gebruik:
• Ek verkneukel my aan Oubaas se oulike sêgoed.
Spreekwoord:
• Jou verkneukel in/aan iets. [Jou daarin verlustig.]
Sinoniem:
• geniet
• lekkerkry
• verheug
• verlustig
Afgelei:
• verkneukeling
Vertaling:
Engels: to secretly enjoy, chuckle with delight
Nederlands: verkneukelen
Nota:
• Letterlik, om jou kneukels te vryf van lekkerte, soos 'n verkoopsman wat 'n goeie transaksie beklink het.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|